Jongste diefstal-plan: ‘Ek het jou motor in die parkeerarea gestamp’

Die publiek word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir rondloper-misdadigers, wat aanhou planne maak om mense te beroof. Die jongste aangemelde gevalle vind by winkelsentrums plaas. Iemand sal ‘n niksvermoedende lid van die publiek nader en beweer dat hy die persoon se motor gestamp het. Die persoon sal gevra word om na die skade te gaan kyk, sodat hulle kan ooreenkom hoe om dit reg te maak. Intussen wag makkers buite en beroof die mense by die motor. Inspekteur Silas Shipandeni van NamPol het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.