Grobler en Soni weer in die hof oor hommeltuig in Gobabis

Die saak van betreding en die vlieg van ‘n vliegtuig sonder die nodige toestemming teen joernalis John Grobler en die stigter van die Namibia Travel and Tourism Forum, Nrupesh Soni kom weer vandag in die Gobabis-landdroshof voor na dit op 30 April uitgestel is. Die klagtes hou verband met die omstrede verkoop van 23 wild-gevangde olifante aan twee dieretuine in die Verenigde Arabiese Emirate. Die twee het blykbaar ‘n hommeltuig gebruik op die wilsdhandelaar Gerrie Odendaal se plaas buite die dorp op 19 Februarie 2022. Grobler en Soni is vry op waarskuwing en verhoordatums sal na verwagting vandag bepaal word.