Metcalfe gee sekuriteit vir kostes in Swapo-saak
Die saak waarin vyf Swapo-lede die party dagvaar om ‘n kongres te hou om ‘n partyleier te kies, is weer in die nuus. Die aansoek is teengestaan deur die party, wat gevra het vir ‘n koste-bewaringsbevel om te verseker die lede kan regskoste betaal, indien hulle die saak verloor. Die lede se prokureur, Richard Metcalfe, staan egter nou sekuriteit vir die regskoste. Hy beaam aan Kosmos 94.1 Nuus dat die saak voortgaan en dat dit uiters belangrik is om af te handel voor die verkiesing.