Hulde stroom in vir ‘Bienkie’
Die Suid-Afrikaanse sepie Egoli: Plek van Goud het hulde gebring aan die aktrise Esta TerBlanche, wat verlede week dood in haar Los Angeles-huis gevind is. Die 51-jarige het die rol van Bienkie Naudé in Egoli vertolk en in die 1990’s na die VSA verhuis. Twee jaar later het TerBlanche die rol van Gillian Andrassy in die Amerikaanse sitkom All My Children losgeslaan. Sy het ook Mej. Tiener Suid-Afrika in 1991 gewen. Haar agent, Lisa Rodrigo, het haar as ‘n pragtige siel beskryf. Die voormalige uitvoerende vervaardiger van Egoli, Burgert Muller, sê TerBlanche was die toonbeeld van professionaliteit.