RISE vra nuwe aanslag vir misdaad, maatskaplike uitdagings en meer
Die nasionale leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, vra ‘n vars regeringsperspektief op maatskaplike kwessies, waaronder misdaad en veiligheid, na die sluipmoordpoging op advokaat Coreth Naudé in eThekwini. Zibi sê daar moet ‘n sterker staatsteenwoordigheid wees, en meegevoel met mense se lyding. Hy moedig president Cyril Ramaphosa aan om die land te inspireer en te verenig, en beklemtoon dringendheid en aanspreeklikheid met die hanteer van die huidige krisis en die skep van ‘n toekoms van hoop.