Vyf Swapo-lede se saak teen party kan dalk voortgaan
Dit wil voorkom of die saak waarin vyf Swapo-lede wat die party dagvaar om ‘n kongres te hou om ‘n partyleier te kies na die dood van Hage Geingob, kan voortgaan. Die lede se prokureur, Richard Metcalfe, het ‘n kennisgewing van terugtrekking van opposisie van ‘n koste-bewaringsbevel by die hoërhof ingedien. Die bevel is deur Swapo en die party se vise-president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, aangevra sodat die vyf lede moet bewys dat hulle genoeg geld het om regskostes te betaal indien hulle die saak verloor. Metcalfe, van Metcalfe Beukes Attorneys, het terserftertyd ‘n sekuriteitsverband van 225 000 Namibiese dollar ingedien waarvolgens hy sekuriteit staan vir die vyf lede se regskoste, indien ‘n kostebevel opgelê word.