TLU SA vra Cyril moet regering laat werk, minder belowe

TLU SA versoek president Cyril Ramaphosa om te verseker sy regering doen meer en belowe minder sodat Suid-Afrika kan slaag. Dit sluit in infrastruktuur en ekonomiese groei. Die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, benadruk die noodsaaklikheid om 30 jaar van wanbestuur reg te ruk deur middel van gesonde ekonomiese beginsels. Volgens hom lê die ware toets in hoe die markte die volgende vyf jaar reageer.