Korrektiewe Dienste-vakbond kap lekker lewe-tronkvideo
Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienstewerkers-vakbond veroordeel ‘n video van ‘n gevangene wat lekker lewe in die tronk in Goodwood, Kaapstad. Die woordvoerder, Alude Jizana, sê die video skend die beeld van korrektiewe beamptes en beeld tronk omstandighede verkeerd uit. Jizana kritiseer die ongeoorloofde gebruik van selfone deur aangehoudenes. Sy vra ‘n deeglike ondersoek deur die Departement van Korrektiewe Dienste om aanspreeklikheid te verseker.