Transnet van Suid-Afrika hef Maandag sy force majeure op
Transnet van Suid-Afrika se force majeure na afloop van die onlangse kuberaanval word môre opgehef. Die force majeure word ingestel om ‘n instansie te beskerm teen onvoorsiene omstandighede wat hom verhinder om sy kontrakte na te kom. Die aanval het groot onderbrekings veroorsaak by die hawens in Kaapstad, Durban, en Ngqura en Gqeberha in die Oos-Kaap. Transnet sê sy Navis N4-terminale bedryfstelsel is herstel en hy is weer in staat om sy kliënte te bedien en alle kontraktuele verpligtinge na te kom.