Prisca Anyolo is Mej. Namibië 2024
Prisca Anyolo is as Mej. Namibië 2024 gekroon, met Lenna Mugena wat die titel van 1ste naaswenner verower het en Georgia Garises was die 2de naaswenner. Die ander deelnemers in die top-5 was Jodie-Lee Barnard en Naomi Kamenye. Garises het ook die toekenning as die mees gemoedelike deelnemer gewen en Preclina Sagarias is as die mees fotogeniese aangewys. Hazel !Garus-Oas het die meeste stemme deur die publiek ontvang. Tien skoonhede het meegeding om die gesogte titel. Die glansryke kroningsplegtigheid het by die Lüderitz Waterfront plaasgevind.