Twee mans verbrand in ongeluk buite Swakopmund

Twee mans is onherkenbaar verbrand in ‘n gru-ongeluk net na middernag tussen Swakopmund en Arandis. Volgens die Erongo-polisie was ‘n vragmotor met leë bierbottels en kratte vanaf Swakopmund op die B2 op pad toe ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n wit GWM dubbelkajuit-bakkie 32km buite die dorp plaasgevind het. Beide voertuie het aan die brand geslaan. Die bakkie-bestuurders is deur kollegas op die toneel uitgeken as ‘n 38-jarige buitelandse kontrakteur wat vir ‘n plaaslike maatskappy by die Rossing Uraanmyn gewerk het. Die vragmotorbestuurder is nog nie geïdentifiseer nie en geen naasbestaandes is nog in kennis gestel nie.