Amerikaanse joernalis kry 16 jaar tronkstraf in Rusland
‘n Hof in Rusland het die Amerikaanse verslaggewer Evan Gershkovich tot 16 jaar tronkstraf gevonnis vir spioenasie. Amerika het die hofprosedure van drie weke as ‘n klug veroordeel. Volgens Rusland se beleid word gevangenes nie internasionaal uitgeruil nie, behalwe as hulle reeds skuldig bevind is, wat moontlik ‘n uitruilooreenkoms vir die 32-jarige kan beteken. Die korrespondent van die Wall Street Journal, wat onskuldig gepleit het, het in Maart 2023, toe hy arresteer is, die eerste joernalis in Rusland sedert die Koueoorlog geword wat van spioenasie aangekla is.