Sodomiewet-appèl ‘gaan nêrens kom nie’
Die Koalisie van Kerke van Namibië wil hê die staat moet appèl aanteken teen die hooggeregshof se bevinding dat die sodomiewet ongrondwetlik is. Die koalisie het ‘n petisie daaroor begin en wil ook hê die staat moet ander advokate aanstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat sê hulle sal nie ver kom met hulle appèl nie.