Minister wil wegspring met SA infrastruktuur

Die Openbare Werke en Infrastruktuur-minister, Dean Macpherson, het president Cyril Ramaphosa se beroep verwelkom vir die omskepping van die land in ‘n bouperseel deur groter infrastruktuurbeleggings. Die president het in sy openingstoespraak van die parlement hom verbind tot die verbetering van infrastruktuur, hoofsaaklik waterstelsels en menslike nedersettings. Macpherson sê hy gaan fokus op die uitbreiding van infrastruktuur vir die doeltreffende uitvoering en suksesvolle afhandeling van bouprojekte.