Calle sê Meatco moet onder landbou-instrumente val

Landbouminister Calle Schlettwein het gereageer op die minister van openbare ondernemings Ipumbu Shiimi, wat sy kommer oor Meatco se omkeerstrategie uitgespreek het. Die maatskappy kan nie op sy eie staan as kommersiële instansie nie en Shiimi sê die probleem lê by die bestuur. Schlettwein stem hiermee saam en voeg by dat Meatco oorgedra moet word na landbou en sy instrumente toe. Hy verduidelik.