Moontlik ‘n sagteware opdatering wat Microsoft lamgelê het
Microsoft is vroeër vanoggend lamgelê. Die oorsaak van die onderbreking in dienste is onbekend maar, dit kon ‘n sagteware opdatering gewees het wat die verkeerde kode bevat het. Verskeie lughawens moes vlugte kanselleer oor stelsels wat nie werk nie, en banke het ook uitdagings gehad. Die CrowdStrike-sagteware is erg deur die onderbreking geraak. Ahmed Khanji van Gridware Cybersecurity in Australië het met Aljazeera gepraat.