ANC weier Zuma se ‘openbare’ verhoor

Die ANC het die versoek van oudpresident Jacob Zuma verwerp om sy tugverhoor oor wangedrag in die openbaar te hou. Hy sou Woensdag voor die ANC se Nasionale Tugkomitee verskyn, maar het nie opgedaag nie. Zuma word deur die ANC-lid Tony Yengeni verteenwoordig. Die MK-party sê Zuma wou hê die verhoor moet oop wees vir die publiek vir deursigtigheid en aanspreeklikheid. Die waarnemende woordvoerder van die ANC, Zuko Godlimpi sê hoewel die komitee ingestem het tot die uitstel van die verhoor, sal dit nie in die openbaar of fisies wees nie.