Adjunk-minister op reël 108-rol vanoggend
Agribank se eis van 10,6 miljoen Namibiese dollar teen die adjunk-minister van toerisme Tommy Nambahu, is vanoggend op die reël 108-rol vir ‘n beslagleggingsbevel. Die saak sloer sedert 2018 en in 2019 het Nambahu skuld erken en ‘n skikkingooreenskoms onderteken wat op 8 Mei 2019 bekragtig is. Die bank moes hom in September 2022 weer aan die hof wend vir betaling. Die bank eis ‘n eiendom in Pionierspark en plaas Venenatum in Otjozondjupa op.