36 Windhoek-skole kry sedert Januarie nie kos nie
Plaaslike media berig dat aflewerings van voedsel na skole in Windhoek sedert Januarie vertraag is en dat 36 skole en 15 400 leerders geraak word. The Namibian sê dat onderwysers groot kommer het omdat kinders flou raak in die klas as gevolg van die tekorte. Die Khomas onderwys-direktoraat blameer die verskaffer en blykbaar is daar nou planne om komende Maandag aflewerings te hervat. Die skoolvoedingsprogram verskaf kos aan meer as 400 000, of die helfte van skoolgaande leerders.