Fopnuus rondom partye en LGBT-regte oral versprei

Verskeie aanlyn plasings wat lyk asof dit deur kunsmatige intelligensie geskep is doen die rondtes op sosiale media. Die plasings dui aan dat konserwatiewe partye selfdegeslag verhoudings ondersteun. Die plasings teiken op die oomblik spesifiek die IPC en Swapo. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ethne Mudge, ‘n maatskaplike aktivis, wat haar mening oor die kwessie gee.