BW Energy sê hy het Recon se data nodig
Meer inligting is bekend oor die BW Energy se aankoop van ‘n 20 persent belang in ReconAfrica se binnelandse PEL 73. Die maatskappy se uitvoerende hoof Carl Arnet sê dat ReconAfrica van ‘n breedvoerige datastel beskik na uitgebreide eksplorasiewerk en dat die data BW se begrip van die geologie en petroleumstelsel in Namibië sal bevorder en help om die risiko van sy beplande eksplorasie en ontwikkeling van die Kudu-lisensie te verminder. Die transaksie is 16 miljoen Amerikaanse dollar werd en BW het hom ook verbind tot sekere voorwaardelike betalings aan ReconAfrica gebaseer op spesifieke veld-ontwikkelingsmylpale.