Kenia se kabinetsekretaris neem nou oral waar

Keniaanse president William Ruto het sy minister van buitelandse sake aangewys as waarnemende kabinetsekretaris vir alle ministeries, ‘n week nadat hy byna sy hele kabinet afgedank het in ‘n poging om dodelike anti-regering protesaksies te ontlont. Musalia Mudavadi, wat nou die pos van eerste kabinetsekretaris en minister van buitelandse sake beklee, het die kabinets-putsch op 11 Julie saam met adjunkpresident Rigathi Gachagua oorleef. Ruto sê hy sal onmiddellik by uitgebreide konsultasies oor verskillende sektore en politieke formasies betrokke raak, met die doel om ’n breë-gebaseerde regering op die been te bring. Hierdie regering sal hom, het hy gesê, help om programme te ontwikkel om die land se groot skuldlas te hanteer, werksgeleenthede te skep, regeringsvermorsing uit te skakel en korrupsie aan te spreek.