US$4 miljard kort in Nigeriese begroting
Nigerië se president Bola Tinubu het die Senaat gevra om ‘n bykomende besteding van 6.2 miljard naira, sowat 4 miljard Amerikaanse dollar, goed te keur om tekorte in vanjaar se nasionale begroting te vul. Tinubu poog ook om ‘n eenmalige meevallerbelasting op banke se buitelandsevalutawinste in te stel, aangesien sy regering daarop gemik is om inkomste in te samel m ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Wetgewers voer op die oomblik debat daaroor na hulle in Desember ‘n begroting van 28.77 triljoen naira vir 2024 goedgekeur het.