Nog oproepe op Biden om uit te tree
Die Kaliforniese kongreslid, Adam Schiff, het die belangrikste Demokraat tot dusver geword wat president Joe Biden in die openbaar vra om aan die presidensiële wedloop te onttrek. Hy sê Biden alleen kan daaroor besluit, maar hy glo dis tyd om iemand anders ʼn kans te gee en sy nalatenskap as leier te verseker. Schiff sê ʼn tweede presidentskap onder Donald Trump sal Amerika se demokrasie ondermyn. Hy voeg by hy twyfel sterk of Biden Trump in November kan wen.