Swart boere onbeïndruk met Agribank se droogteverligting

Plaaslike berigte lui dat voorheen benadeelde boere uiters ongelukkig is oor droogteverligting maatreëls wat Agribank beskikbaar gestel het. Die boere se unie sê daar is geen verligting daarin nie en volgens die unie se voorsitter Jane Kuhanga toon dit hoe ver verwyderd die bank van realiteite op die grond is. Boere wat lenings het vir akkerbou is volgens Kuhanga oorgesien. Die bank moes volgens haar, eerder eers met boere gekonsulteer het. Agribank het verlede week aangekondig dat agterstallige betalings sowel as terugbetalings van lenings vanjaar gestaak word. Nuwe lenings is ook aangekondig vir die droogte.