Dinamiese groei aan die kus

Die jongste bouplanne wat deur Simonis Storm bekend gestel is toon dat die kus baie beter vaar met behuising as die hoofstad. In Swakopmund vertoon kommersiële geboue ook baie beter as die hoofstad met 56 residensiële goedkeurings en 9 kommersiële planne. In die hoofstad is daar net toevoegings tot bestaande wonings en net 26 huisplanne is goedgekeur. Die firma sê vraag na behuising aan die kus dui goeie en dinamiese ekonomiese groei aan terwyl Windhoek fokus op bestaande infrastruktuur.