Israel sit lugaanvalle teen Gaza voort

Israel het vandag lugaanvalle teen Gaza voortgesit nadat eerste minister Benjamin Netanyahu onderneem het om die druk op Hamas te vergroot namate die hoop kwyn vir ‘n skietstilstand, soos deur Amerika voorgestel. Die politieke leier van Hamas, Ismail Haniyeh, beskuldig Israel dat hy doelbewus die onderhandelings vir ‘n wapenstilstand en die ooreenkoms oor gyselaars ondermyn, want hy wil nie die oorlog beëindig nie. Die Israelse weermag sê daar was 25 aanvalle in 24 uur. Sy troepe is ook besig met beplande operasies rondom Rafah, in Suid-Gaza, wat op intelligensie gebaseer is.