Ses dood in Bangkok-hotel, moontlik vergiftig

Die polisie stel ondersoek in na die dood van ses mense wat in ʼn kamer by die vyfster-hotel, Grand Hyatt Erawan in Thailand se hoofstad, Bangkok, gevind is. Die oorledenes, drie mans en drie vroue, was almal Viëtnamese burgers en sommige het dubbele Amerikaanse burgerskap gehad. Die Thaise eerste minister, Srettha Thavisin, sê daar was geen teken van roof of ʼn aanval nie, en die oorsaak was vermoedelik vergiftiging. Die polisie soek tans die sewende persoon wat deel van die hotelbespreking was en tans ʼn verdagte is.