Jongste oor aartappel-uitdagings in SA
Die Aartappels SA-kongres eindig vandag by die Century City-konferensiesentrum in Kaapstad. Die tweedaagse geleentheid het verskeie onderwerpe regoor die waardeketting ingesluit. Namibiese verbruikers is afhanklik van Suid-Afrikaanse produsente en daar was weer uitdagings met erge koue in Limpopo. Gert Bester, voorsitter van Aartappels SA, sê daar is kommer.