Mbappe bevestig Real Madrid as sy nuwe tuiste

Die Franse superster Kylian Mbappe het tydens sy amptelike aankondiging as ‘n Real Madrid-speler aan 80 000 aanhangers in die volgepakte Santiago Bernabau-stadion gesê sy droom is vervul. Die doelskieter het ‘n vyfjaarkontrak onderteken en die nommer 9-hemp gekry. Die klub hoop om die koste, ‘n salaris van nagenoeg 295 miljoen Namibiese dollar per seisoen en ‘n ondertekeningsbonus van meer as 1,9 miljard dollar, te verhaal met borgskapooreenkomste en die verkoop van handelsware. Mbappe vertrou hy sal met die skuif uiteindelik die Kampioeneliga en die Ballon d’Or, twee van sy lewenslange drome, kan inpalm.