Katutura-inwoners ruk op vanoggend
Die Katutura-inwonerskomitee hou om nege-uur vanoggend saam met die Windhoek-inwoners Belastingbetalersvereniging ‘n massabetoging. Die groepe sal petisies by die Stad Windhoek indien oor die onwettige blokkering van voorafbetaalde meters en die gebruik van ‘n gebrekkige rekeningstelsel, en ‘n forensiese oudit eis. Dit kom nadat Katutura-inwoners die Windhoek-polisiestasie genader het om ‘n gesamentlike saak van diefstal en bedrog teen die Stad Windhoek aanhangig te maak. Die woordvoerder van die Katutura-inwonerskomitee, Shaun Gariseb, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van die betoging.