Môre is Nelson Mandela-dag… doen iets vir armes
Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gaan Donderdag die 15de bestaansjaar van Internasionale Nelson Mandela-dag amptelik herdenk. Wyle oudpresident Nelson Mandela se nalatenskap sal vereer word onder die tema ‘Dit is steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te bekamp.’ Die president van die Algemene Vergadering, Dennis Francis, het klem gelê op Mandela se siening van armoede as ’n onreg. Die adjunk-sekretaris-generaal, Amina Mohammed, het die raad aangemoedig om Mandela se voorbeeld te volg om armoede te beëindig: