Wêreldrekord vir die grootste pizzapartytjie gebreek

Die Guinness-wêreldrekord vir die grootste pizzapartytjie is deur Princess Cruises gebreek na hy sy vloot Love Boats gekoördineer het om op verskillende plekke, op dieselfde tyd, ‘n pizzapartyjie aan te bied.

Die vaartuie het saam met sjef Tony Gemignani van Tony’s Pizza Napoletana in San Francisco saamgespan om pizzas regoor die Princess-vloot te verskaf vir Vrydag se rekordpoging.

‘n Guinness World Records-beoordelaar het bevestig meer as 60 000 snye is op die vaartuie bedien, wat die rekord suksesvol opgestel het vir die wêreld se grootste pizzapartytjie wat terselfdetyd op verskeie plekke plaasgevind het.

Die voedseldiensspan by Princess sê die rekordpoging het 2,9 ton deeg, 1,6 ton meel, 623 kilogram pepperoni en 1,1 ton kaas vereis.

Foto: UPI