Ons is ligjare weg van Visie 2030 se werkloosheidsteiken
Werkloosheid word gesien as die grootste probleem in Namibië, volgens die jongste Afrobarometer peiling. ‘n Volle 63 persent van respondente het dit so aangedui, met onderwys wat tweede op die lys was op 25 persent, en voedseltekorte op 23 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner, wat sê die algemene siening oor werkloosheid is nie verbasend nie.
Jauch voeg by dat daar ‘n verband is tussen werkloosheid en onderwys, wat moet verbeter.