Erongo sukkel met veediefstal – kenner sê
‘n Totaal van 55 bokke en 25 skaap is tussen Junie en 13 Julie by plaas Otjiua in die Karibib-distrik gesteel. Die beraamde waarde van die diere is sowat 126 000 Namibiese dollar. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die toenemende veediefstal in die Erongo-streek. Spangenberg sê dat hulle voortgaan om die misdaad saam met belanghebbendes te beveg.