Betogings in 23 van 47 Keniaanse distrikte

Minstens een persoon is dood in hernieude betogings teen die regering regoor Kenia, terwyl die polisie bots met betogers wat eis dat president William Ruto uittree. Jeuggeleide betogings wat ‘n maand gelede teen voorgestelde belastingverhogings uitgebreek het, duur voort selfs nadat Ruto die wetgewing teruggetrek en byna sy hele kabinet afgedank het. Aktiviste sê hulle wil hê dat Ruto moet bedank en vra vir sistemiese veranderinge om korrupsie op te ruim en swak bestuur aan te spreek. Minstens 50 mense is tot dusver in die betogings dood, sê die regering-gefinansierde Kenia Nasionale Kommissie vir Menseregte. Die koerant The Nation berig daar was betogings in minstens 23 van Kenia se 47 distrikte.