Marktoegang strem plaaslike varkboerdery

Van Januarie tot Mei vanjaar het Namibië 2,7 miljoen kilogram varkvleis ingevoer, volgens maandelikse statistieke van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukraad. Hierdie invoere kom ten spyte van die land se varkvleis markaandeel-bevorderingskema, wat geïmplementeer is om binnelandse produksie ‘n hupstoot te gee. Op ’n jaargrondslag is 4 111 varke by abattoirs wat by die raad geregistreer is geslag, terwyl 70 varke in Mei na Angola uitgevoer is. Dit verteenwoordig ‘n afname van 1,2 persent vergeleke met 2023-vlakke. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels oor hoekom meer plaaslike boere nie met varkboerdery begin nie.