Nog ‘n beroep-rugbyspeler sterf aan motorneuronsiekte

Rugby: Nog ‘n toetsspeler is aan motorneuronsiekte dood. Die haker Norm Hewitt het in die 1990’s nege toetse vir die All Blacks gespeel, asook 15 wedstryde vir die Nieu-Seelandse Maori’s. Hy was 55. Hewitt het aan dieselfde siekte beswyk wat die Springbokke Joost van der Westhuizen en Tinus Linee se lewens geëis het. Albei is op die ouderdom van 45 oorlede. Navorsers het volgens berigte bevind beroeps-rugbyspelers het ‘n 15-persent groter kans om motorneuronsiekte te ontwikkel as ander mense.