Werke-ministerie se woordvoerder in hof oor staatsbakkie

Die woordvoerder van die werke-ministerie, Julius Ngweda, en die 45-jarige Joseph Shatilwe, het vlugtig in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn. Hulle is Saterdag in hegtenis geneem omdat hulle na bewering ‘n staatsbakkie gebruik het om private besittings te vervoer, insluitende veevoer, sonder magtiging. Hulle het na bewering die voertuig se staatsnommerplaat afgehaal en met ’n vals private nommer vervang. Hulle het ook na bewering ook die voertuig met diesel volgemaak met ‘n kaart wat aan die regering behoort. Die saak is na Windhoek oorgeplaas en hulle is borgtog van 5 000 Namibiese dollar elk toegestaan.