Southgate bedank as Engeland se bestuurder

Sokker: Gareth Southgate het as Engeland se bestuurder bedank nadat sy span die tweede keer agtereenvolgens die Euro-eindstryd verloor het. Hy sê dit was ‘n eer om vir Engeland te speel en die span te bestuur. Southgate was vir byna agt jaar en 102 wedstryde in beheer van die span. Volgens hom het Engeland die beste ondersteuners ter wêreld en hulle steun was vir hom ‘n riem onder die hart. Hy sien daarna uit om te sien hoe spelers nog spesiale herinneringe skep om die land te inspireer.