Moerat voer Bok-span aan met sewe nuwelinge
Rugby: Salmaan Moerat gaan die Springbokke die eerste keer aanvoer wanneer hy ‘n groep met sewe nuwelinge Saterdag in die eerste toets teen Portugal in Bloemfontein lei. Die nuwelinge in die opdrafspan is die voormalige kaptein van die Junior Springbokke, Phepsi Buthelezi, op flank, Johan Grobbelaar op haker en Jan-Hendrik Wessels langs hom op stut. André-Hugo Venter, Ruan Venter, Morné van den Berg en Quan Horn kan hulle toetsdebuut van die bank af maak.