Ongeveer 100 diere daagliks in Kunene gesteel, oorgrens geneem
Die polisie in die Kunene-streek sit met hulle hande in hul hare as gevolg van informele en onwettige grensoorkruisings met Angola. Daar word beaam dat tot 100 diere daagliks gesteel word. Die Zambezi-streek het in 2022 en verlede jaar met dieselfde uitdaging gesukkel. Volgens die mag, is dit nie net vee wat heen weer gesteel word nie, maar dwelms en ander onwettige goedere word ook so die land ingebring. Die lae vlakke van die Kunene-rivier vergemaklik oor oorgrens misdaad. Sekuriteit moet versterk word maar die gebied is uiters groot en baie verlate wat ‘n groot uitdaging bied.