Rusland moet betrek word by vredesamesprekings – Zelensky

Die president van Oekraïne Volodymyr Zelensky sê Rusland behoort verteenwoordig te word op die tweede spitsberaad vir volhoubare vrede, na ‘n oorlog van meer as twee jaar. Tientalle wêreldleiers het steun uitgespreek vir ‘n regverdige vrede in Oekraïne na ‘n hoëvlakspitsberaad wat Zelensky verlede maand in Switserland belê het, waarheen Rusland nie genooi is nie. Zelensky het op ‘n nuuskonferensie in Kiëf gesê hy glo Russiese verteenwoordigers behoort by die tweede spitsberaad te wees. Die Kremlin het gesê enige samesprekings oor die einde van die konflik wat nie Rusland insluit nie, is “absurd”.