Israel teiken weer ‘n burgerlike skuiling
Hamas het Israel se aanval op ʼn skool waar ontheemde mense in sentraal-Gaza gehuisves word, veroordeel en sê dis ʼn voortsetting van die volksmoord teen Palestyne. Minstens 22 Palestyne is dood en 100 is gewond. Die Israelse weermag sê Hamas het die skool as wegkruipplek en operasionele infrastruktuur gebruik vanwaar aanvalle op sy soldate beplan en uitgevoer is. Dis Israel se vyfde aanval binne nege dae op of naby skole wat as skuiling gebruik word.