Swartbooi moet eerder oplossings vind as om toelaag te belowe
‘n Vorm van toelaag vir armoedige Namibiërs bly in die nuus. Die LPM party het onlangs ‘n saamtrek by die Khomasdal-stadion gehou, waar partyleier Bernadus Swartbooi gesê het Namibiërs droom as hulle dink daar kan ontwikkeling wees as mense honger ly. Hy het gesê sy party sal ‘n kontant-toelaag instel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah, wat sê Swartbooi moet met meer konkrete alternatiewe na vore kom. Die regerende party, Swapo, moet egter aandag gee aan die werkloosheid-situasie.