Windhoek se beplande veselnetwerk ‘sal geleenthede skep’

Windhoek, wat 16 persent van Namibië se bevolking bevat, is die grootste mark in die land vir internet-verbindings. By ‘n onlangse geleentheid wat deur die stad aangebied is, het die voorsitter van die stadsraad se bestuurskomitee, Sam Shafiishuna Nujoma, gesê dat kommersialisering van die veselnetwerk ‘n beduidende sakegeleentheid bied, wat moontlik ‘n broodnodige inkomstestroom vir die Stad sal skep. Die strategiese inisiatief sal die raad se bedryfsdoeltreffendheid verbeter en diens vebeter aan inwoners, besighede en beleggers. Die skuif na vesel sal ook aanlyntransaksies vergemaklik. Nujoma gee meer inligting oor die beplande veselnetwerk.