Oostenrykers bied aan om bekostigbare huise hier te bou
‘n Oostenrykse maatskappy, Global Housing Solutions, het aangebied om bekostigbare huise in Namibië te bou, deur ‘n staatsgebaseerde lening van 1,4 miljard Namibiese dollar. Dit is volgens Oostenryk se bondskanselier, Alfred Gusenbauer, wat ‘n hoflikheidsbesoek aan president Nangolo Mbumba gebring het. Hy sê deur hulle fasilitering kan die regering ‘n kontrak met ‘n Oostenrykse handelsbank aangaan, met ‘n grasietydperk van drie jaar voordat die lening begin terugbetaal word. Die maatskappy bou wêreldwyd bekostigbare huise, asook skole en hospitale. Dit sluit in 10 Afrika-lande, 21 in Suid-Amerika en agt in Europa. Die maatskappy belê ook in ‘n plaaslike produksie-aanleg met plaaslike vennote, wat werk aan ongeveer 200 mense kan bied. Mbumba het Gusenbauer verwys na die finansministerie en die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie.