BoN sê finansiële sektor is stabiel
Die finansiële sektor in die land is stabiel en bankbates het met 2,8 persent na amper 178 miljard Namibiese dollar gegroei. Die Bank van Namibië het die inligting bekend gemaak by sy oorsig oor die risiko’s vir en kwesbaarheid van die sektor veral met die toename in onbetaalde lenings. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 4,7 persent gegroei en met 5,3 in die vierde kwartaal van 2023. Die nie-bankwese finansiële sektor is volgens die sentrale bank ook stabiel en toon goeie veerkragtigheid.