Die LGBT-materiaal op sosiale media is nie ons s’n nie – IPC

Die IPC-party is weer onder skoot. Dit blyk asof daar materiaal geskep is wat toon dat die IPC gay-regte ondersteun. Die beeld lees ‘jou liefde, jou keuse’ en wys twee mans wat glimlag sowel as die LGBT-reënboogkleure. Kosmos 94.1 Nuus het met Imms Nashinge, partywoordvoerder gesels wat sê dit is nie afkomstig van die party nie.