Miljoene vir landbou in Suid-Soedan
Die Ontwikkelingsbankgroep het finansiering van 825,8 miljoen Namibiese dollar goedgekeur vir die eerste fase van die Klimaatveerkragtige Landbouvoedsel-transformasieprogram in Suid-Soedan. ‘n Direkteur van die bank Martin Fregene sê die inisiatief is gemik op die bevordering van produktiwiteit, die verbetering van voedselsekuriteit, en die versterking van die land se veerkragtigheid. Fregene sê landbou is die primêre inkomstebron van sowat 95-persent van die Suid-Soedanese bevolking, wat meer as 70-persent van die land se arbeidsmag in diens het. Die projek word van September af oor ses jaar ingestel.